RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike kwiltgroep, Sleeping Beauty Kwilters, vier 21 kreatiewe kunsvlytjare en het vanjaar sowat R10 000 vir liefdadigheid ingesamel.
‘n Dubbelbedkwilt, wat deur lede van die groep gemaak is, is tydens die jaarlikse uitstalling in Oktober uitgeloot. Mariëtte Willemse is die gelukkige wenner.
"Ons is baie goed ondersteun" en het R10 000 ná uitgawes verdien. Daarmee moet ons spaarsamig werk, want ons maak elke tweede jaar ‘n lootjie-kwilt,” sê Sonette Burger, die uittredende groepleier. Cora Geyser neem by haar as groepleier vir die volgende termyn oor.
Die liefdadigheidsprojekte is ten bate van die landwye Project4Preemies en Little Quilts of Love en Riversdal se Goukam Heath. Besoekers kon ook vir hul gunsteling kwilt by die uitstalling stem. Rona van der Merwe se kwilt, "One of a kind" is as die kykerskeuse aangewys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’