HESSEQUA NUUS - Eskom tegnikuste sal Donderdag, 26 Augustus noodsaaklike werk op die distribusienetwerk uitvoer.
Die kragonderbreking sal vanaf 07:45 – 16:00 wees.
Die geaffekteerde gebiede is Albertinia dorp, Gouritsmond dorp en die omliggende gebiede.
Ingeval van ongunstige weerstoestande is die alternatiewe datum 1 September.
Inwoners word gewaarsku om tydens die volle duur van die onderbreking alle elektriese toerusting as lewendig te beskou.
Skakel 08600 37566 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'