Gallery
MELKHOUTFONTEIN NUUSFLITS - ’n Oudonderwyser, Analien Boshoff, het net meer as ‘n jaar en ‘n half gelede ‘Die Kleuterklassie’ vir kinders van vier en vyf jaar in die stoorkamer van die St. Augustine’s Kerk in dié dorpie begin.
Die eerste pre-graad R-kinders het reeds na graad R in dié dorp se laerskool opgeskuif. Daar is vanjaar weer ses kleuters in dié klassie wat tot 12:15 hier skoolgaan.
‘Die Kleuterklassie’ ontvang onderrig vanaf ’n goedgekeurde leerplan, wat alle fasette van opleiding aanraak.
Dit het ook al ’n instelling geword dat Stilbaai se kranige jong gholfspeler, Misha Loots (14) die klassie elke Vrydag besoek en die voorskoolse kinders leer gholf speel.
‘Die Kleuterklassie’ is nie ’n geregistreerde kleuterskool nie en is ’n nie-winsgewende organisasie (NPO) wat as ’n ‘Public Benefit Organisation’
oor ’n afdeling 18A-sertifikaat beskik.
Dit beteken dat op donasies en die gemeenskap se goedgunstigheid staat gemaak word om die projek volhoubaar te maak.
Belangstellendes wat betrokke wil raak of meer inligting verlang, kan Boshoff kontak by 083 549 5288.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'