STILBAAI NUUS - Oujaarsaand en die lanternloop in Jongensfontein is al sinoniem met mekaar sedert die ontstaan daarvan in 2015.
Natasha Smit het die eerste lanternloop gereël ter ere van haar ma, wyle Diena Smit, 'n oudinwoner van Jongensfontein.
Dit was so 'n groot sukses dat dit 'n jaarlikse instelling geword het met die Royal Crusaders van Riversdal wat die stappers jaarliks begelei met hulle pragtige musiek.
Volgens John Wills, voorsitter van die Jongensfontein Inwonersvereniging, is daar 600 lanterns verkoop vir 2024 se stap, maar sommige mense gebruik ook lanterns van 'n vorige stap en daar was dus meer as 600 stappers wat die roete meegemaak het.
Die lantern het 'n LED-liggie wat met 'n battery werk en daar is dus geen brandgevaar nie.
Die geld wat ingesamel word, word aangewend vir die Inwonersvereniging se werksaamhede, nadat alle onkostes afgetrek is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’