HEIDELBERG NUUS - Kleine Pikkewyne-kleuterskool het Sondag (2 Junie) hul jaarlikse teemaaltyd-fondsinsamelingsgeleentheid aangebied.
Dié verrigtinge het vanjaar saamgeval met nasionale Kinderbeskermingsweek met die doel om ouers meer bewus te maak oor die veiligheid van hul kinders.
Petronella February, weduwee van wyle Jaftha February en moeder van een van Heidelberg se spogprodukte, Theodore Jantjies, was die geleentheidspreker.
Die verrigtinge is goed deur ouers, veral vaders, ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’