STILBAAI NUUS - Daniel Franken, bestuurder van Pep Stores in Stilbaai, se jaarlikse Kersfees skoenboks-projek is volstoom aan die gang, maar daar is nog 'n paar kinders wat bokse kort.
Hy sê: " Almal van ons kan 'n verskil maak, ongeag hoe groot of klein. Help my om hierdie wonderlike projek weer 'n groot sukses te maak en so maak ons saam 'n verskil in ons gemeenskap."
Daar is twee opsies indien iemand iets wil skenk:
- Hy voorsien aan jou 'n naam en ouderdom van 'n kind en jy kan self items koop, pak en versier.
- Jy kan 'n boks skenk teen R300 elk. Hy koop dan al die nodige items aan wat in die boks moet wees en versier die boks namens jou.
Die volgende items moet in elke boks wees:
- Klere (hemp en broek of rokkie vir dogters)
- Waslap
- Seep
- Tandepasta
- Tandeborsel
- Speelgoed
- Lekkers
Franken sê ook dat jy welkom is om iets ekstra in die boks te pak bv. onderklere of 'n hoedjie, solank dit in die boks pas.
Vir enige verdere inligting WhatsApp hom by 061 210 1046 of skakel 028 754 2603.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’