STILBAAI NUUS - 'n Kersfees-skattejag neem jou deur Stilbaai na 12 verskillende plekke waar jy 'n pragtige Kersboodskap kry.
Lize Versteeg sê dat hulle in Europa op 'n klein plattelandse dorpie hierdie idee gekry het en hulle het gedink dat dit in Stilbaai met sy meelewende gemeenskap 'n lekker gesinsaktiwiteit kan wees.
Op 12 verskillende plekke in die dorp word 'n Kerstoneel uitgebeeld en jy kan dan daar 'n QR-kode skandeer om te luister na die toepaslike Kersboodskap. Jy gaan ook 'n letter by elke plek kry om 'n geheime sin te vorm.
By Pakketmoles kan jy die vorm kry met die adresse wat jy moet gebruik en dan is jy en jou gesin gereed vir hierdie Kersfees-avontuur met 'n boodskap.
Begin sommer by die toerismeburo by Palinggat om agter die kap van die byl te kom.
Die skattejag duur nog tot 10 Januarie en is ideaal vir daardie dae wat die weer jou nie toelaat om strand toe te gaan nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’