STILBAAI NUUS - Ten spyte van ses ander binnenshuise Kersdienste van die NG Kerk in Stilbaai, asook die koue, bewolkte toestande, was die amfiteater Kersoggend volgepak. Die diens het om 07:00 begin, maar reeds teen halfsewe moes 'n mens begin soek na 'n sitplek.
Mense het selfs op die gras rondom die amfiteater gesit, en daar was ook diegene wat sommer in hul motors gebly het.
Ds. Vian Louw het 'n pragtige boodskap gelewer en, soos 'n stoere Suid-Afrikaner, het rugby soos 'n goue draad deur sy boodskap geloop.
Suid-Kaap Forum wil dan ook van die geleentheid gebruik maak om al sy getroue lesers wat wel Kersfees vier, 'n gelukkige Kersfees toe te wens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’