STILBAAI NUUS - Kaptein Johan van Tonder, stasiebevelvoerder van Stilbaai-polisie, het tydens die algemene jaarvergadering van die Stilbaai-gemeenskapspolisiëringsforum gespog met van hulle suksesse in 2023.
Na die dubbele moord in Melkhoutfontein in Februarie het sers. Ludwig Schnetler onverpoos gewerk en 'n verdagte, wat later skuldig bevind is binne 'n dag ingeneem vir ondervraging. Hy is later skuldig bevind.
Hierdie jaar is al 69 onwettige immigrante gearresteer en gedeporteer.
Daar was kleiner skuldigbevindings vir onwettige drankverkope en dwelmhandel, maar die kersie op die koek was die groot dwelmhandel saak in Melkhoutfontein.
Deeglike ondersoekwerk deur konstabel Christiaan Zwiegelaar het gelei tot die verbeurdverklaring aan die staat van 'n plaas by Melkhoutfontein. Die eerste sodanige bevel in Suid-Afrika.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’