HEIDELBERG NUUS - 'n Jolige atmosfeer het Saterdagoggend 27 April in die dorp geheers tydens die optog deur die strate vanaf De Waalville Primêr tot by Kairos Senior Sekondêre Skool.
Dié optog van nagenoeg 250 voormalige leerders en opvoeders, wat ongeveer 60 voertuie ingesluit het, was ter viering van weeklange 30ste verjaarsdagvieringe van Kairos Kairos Senior Sekondêre Skool.
Die optog het die skool se verjaardagvieringe afgesluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’