STILBAAI NUUS - Just Wheels-motorklub het Saterdag 10 Junie by Lapskuit byeengekom om te spog met hulle ou motors uit die sestigerjare.
Onder andere was Hennie Stander daar met sy Ford Zodiac Mk 4 van 1967.
Die spaarwiel van hierdie motor sit voor in die enjinkompartement en Hennie sê tong in die kies dat dit die wêreld se eerste motor met ‘n lugsak was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’