HEIDELBERG NUUS - 'n Jongman van Heidelberg is agter tralies nadat hy na bewering 'n huis binnegegaan en op 'n ander jongman geskiet het.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, het die 36-jarige beskuldigde op Maandag 2 Desember vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.
Die 34-jarige slagoffer is glo in sy bobeen getref en van sy musiekboks geroof.
Die saak is tot Maandag 9 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.
Die beskuldigde bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’