SLANGRIVIER NUUS - Dié dorp is weereens erg geruk met die nuus van 'n tragiese dood van 'n pa van vier nadat hy Vrydagaand (4 Oktober) glo met 'n mes gesteek is.
Die oorledene, Martin "Denat" Hartnick (56), het Saterdag in die vroeë oggendure aan sy steekwonde in die Riversdal-hospitaal beswyk.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte van Heidelberg, is daar aanvanklik 'n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer aanhangig gemaak, maar is dit nou na moord verander nadat die slagoffer aan sy wonde beswyk het.
Die 38-jarige beskuldigde is in hegtenis geneem en het reeds op 'n aanklag van moord in die Heidelbergse landdroshof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’