JONGENSFONTEIN NUUS - Indringerplante is oral 'n probleem en die Wes-Kaap sukkel veral met rooipitjie oftewel Acacia cyclops.
Die boom is vroeër jare uit Australië die land ingebring om sandduine te beheer, maar dit het vinnig begin om inheemse plantegroei te verdring.
Jongensfontein het dit nie vrygespring nie, maar 'n groep vrywilligers onder leiding van Ralph H Rudd het in Maart vanjaar besluit om 'n verskil te maak.
Hulle het die Jongensfontein Natuurreservaat in blokke verdeel en toe begin om die rooipitjie stelselmatig uit te roei.
Hierdie vrywilligwers kom elke Woensdagoggend by die reservaat bymekaar en dan takel hulle tussen 09:00 en 10:00 'n spesifieke blok.
Met hulle eie gereedskap, soos byvoorbeeld kragsae en kapmesse woel hulle net vir 'n uur.
Indien jy belangstel om by hierdie groep aan te sluit vir jou week se oefening kan jy gerus vir Ralph per whatsapp kontak by 082 573 5591.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’