HEIDELBERG NUUS - Dié dorp is Vrydagmiddag diep geruk met die skielike dood van een van die dorp se beminde inwoners.
Jacques van Niekerk (42), wat by sy geboorte met ’n seldsame sindroom gediagnoseer is, en net tot 13-jarige ouderdom gegee is om te leef, het vriend en vyand verras toe hy bo sy omstandighede uitgestyg het en homself as opvoeder bekwaam het.
Sy skielike heengaan in Riversdal-hospitaal, vermoedelik aan ’n hartaanval, nadat hy vroeër verlede Woensdag opgeneem is, het nie net die dorp erg geruk nie, maar ook Barrydale waar hy by Hoërskool Barrydale onderwys gegee het.
Hy is as ’n baie toegewyde en passievolle opvoeder deur sy skoolhoof beskryf.
Hy laat sy pa, Jacobus, twee susters en drie broers agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’