HESSEQUA NUUS - Jessica February van Slangrivier, dogter van wyle pastoor Jeptha en Brenda February, is op Vrydag 3 November as prokureur in die Kaapse-hooggeregshof toegelaat.
Sy het 2011 aan Hoërskool Heidelberg gematrikuleer en het in 2016 haar LLB-graad aan Universiteit van Wes-Kaapland verwerf.
In 2019 het sy haar klerkskap in Somerset-Wes voltooi waarna sy as regsadviseur by 'n finansiële instelling in Parow gewerk het.
Op 3 Augustus 2020 het sy op kontrak by die Nasionale Vervolgingsgesag ingeval waar sy as staatsaanklaer by die George-landdroshof diens verrig het.
Sy was ook tot Mei 2022 as staatsaan-klaer by Mqanduli-landdroshof, in Mthatha, werksaam.
Sy beoog om in die nabye toekoms by 'n regsfirma aan te sluit totdat sy in staat is om haar eie praktyk te bedryf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’