STILBAAI NUUS - Groot koeke, klein koekies, vleistafels wat kreun en talle ander lekker dinge by Jagersbosch se basaar.
Saterdag 29 Junie van 08:00 tot 14:00 hou Stilbaai basaar by die Gemeenskapsaal en jy moet 08:00 daar wees, want teen 09:00 is al die beste produkte klaar opgeraap.
Basaarpoeding, pragtige gebreide en gehekelde nommertjies, speelplek vir die kinders en heerlike etes is aan die orde van die dag en daar is hope sitplek om sommer net lekker te gesels tewyl jy koffie drink.
Kom net al kom jy nie vroeg nie, want Jagersbosch Gemeenskapsienssentrum het elke sent nodig wat hulle kan kry om hulle wêreldklas diens te kan aanbied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’