STILBAAI NUUS - Die vergadering sal plaasvind op Donderdag 29 Februarie 2024 om 16:00 in Die Waenhuis.
Veranderde omstandighede noodsaak die vergadering en daar is sake op die agenda wat deur die lede goedgekeur moet word.
Onder die sake is veranderde wetgewing met betrekking tot residensiële fasiliteite en lede moet goedkeuring verleen dat onderhandelinge hieromtrent mag voortgaan.
Die nuwe Direksie sal ook tydens hierdie belangrike vergadering bekendgestel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’