Update
RIVERSDAL NUUS - Johan Jacobs het weer Donderdag 10 Mei vlugtig in die hof op aanklag van bedrog verskyn.
Jacobs is 'n maand vergunning gegee om meer as R400 000 terug te betaal, nadat hy op 15 Maart op twee aanklagte van bedrog in die plaaslike landdroshof verskyn het.
Een van die aanklagte is vir beweerde skaapbedrog op Heidelberg in die Hessequa-streek.
Met sy verskyning is bevestig dat dié geld nie terugbetaal is nie. Hy het in die hof erken dat daar tans vyf sake teen hom in Bellville-landdroshof hangend is.
'n Aansoek dat die saak gesentraliseer moet word en na Bellville skuif is goedgekeur.
Hy sal weer op 14 Junie in die plaaslike hof verskyn sodat die sentraliseringsproses van die saak kan begin.
Jacobs se prokureur het aan die hof verduidelik dat hy daarna van die saak sal onttrek, aangesien sy (Jacobs) se finansiële omstandighede verbeter het en hy nie meer vir regshulp van die staat kwalifiseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'