RIVERSDAL NUUS - Denmar Jacobs (22), ’n baie belowende atleet van Kaapstad, het die rekordboeke herskryf met sy mees onlangse deelname aan Atletiek Suid-Afrika se kampioenskappe.
Die vlugvoetige hekkiesnaelloper het die 110 m-wedloop in ’n nuwe rekordtyd van 13,47 in Coetzenburg Stadion kafgedraf.
Die kampioenskappe is van Donderdag 16 tot Saterdag 18 April gehou.
Sy ouma is die bekende Selma Vosloo van Barrystraat hier in Riversdal.
Volgens sy trotse ma, Maryna Jacobs, ’n nooi Vosloo, is sy bloedlyn diep in haar geboortedorp gewortel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’