HEIDELBERG NUUS - Jack Meyers, bekende inwoner en 'n voormalige smous van Heidelberg, het onlangs sy 80ste geboortedag herdenk
Dié besonderse mylpaal het hy saam met sy vrou Eileen, sy enigste oorlewende suster, Milly Meyers, asook ander familielede, vriende en bure tydens 'n spoggeleentheid in die Heidelberg-stadsaal gevier.
Jack geniet nog blakende gesondheid.
Hy is ook die enigste oorlewende broer van die bekende Meyers-broers wat as boukontrakteurs honderde huise en ook ander geboue oor die distrik gebou het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’