HESSEQUA NUUS - Die Iziko Mobiele Museum gaan op Dinsdag 17 Oktober van 09:00 tot 15:00 Slangrivier se gemeenskapsentrum besoek met hul opvoedkundige uitreikprojek om dié museum nader aan die mense in die verskillende gemeenskappe te bring.
Die Iziko-museum onderneem gereeld uitstappies na verskeie skole, winkelsentrums, biblioteke, die gemeenskap en jeugsentrums waar die personeel hul stories en ons gedeelde erfenis met mense deel.
Die museum het 'n hele aantal draagbare tentoonstellings wat die kunste en die land se sosiale geskiedenis uitbeeld en veral na die platteland bring.
Op Woensdag 18 Oktober besoek hulle die Duivenshoks-gemeenskapsaal (09:00 tot 15:00) en op Donderdag 19 Oktober is hulle in Riversdal se Thusong-sentrum, ook van 09:00 tot 15:00.
Leerders kan die kinderprogramme by plaaslike biblioteke gratis bywoon, maar volwassenes betaal R5.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’