Update Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - ’n Inligtingsvergadering op 18 Januarie in Stilbaai-gemeenskapsaal deur Giuliano Giacovazzi wat aansoek gedoen het om Julie se Baai in Stilbaai te huur, het by tye gedreig om handuit te ruk.
Inwoners was duidelik gekant teen die voorgestelde oprigting van skeepvraghouers wat vir behuising moet dien vir - volgens Giacovazzi - studente van ander lande wat hier kom toer en vrywillige werk sal verrig terwyl hul toer – dit word ‘voluntourism’ genoem.
Die gemeenskap is bang dat dit in ’n plakkerskamp sal ontaard.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel hier: 'n Tamaai lawaai oor Julie se Baai.
Die aansoeker, Giuliano Giacovazzi.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'