Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die Blombos-grot naby Stilbaai is een van drie in die Wes-Kaap wat van argeologies en veral kultuurhistoriese belang is en wat by UNESCO genomineer gaan word vir wêrelderfenisstatus.
Die grot is 55m² groot en 50m van die see af op ’n hoogte van 35m bo seekvlak geleë.
Die belangrikste vonds was ‘n klipskerf met geometriese merke in oker wat 73 000 jaar oud is – dit is 30 000 jaar ouer as die Altamira-rotstekeninge in Spanje wat voorheen as die oudste bewys van die moderne mens beskou is.
Die ander grotte is die Pinnacle Point-grotkompleks by Mosselbaai en die Diepkloof-skuiling naby Elandsbaai aan die Weskus.
Kyk 'n video hieronder:
Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'