ALBERTINIA NUUS - Inbrekers het gedurende die nag van 9 en 10 April, tussen ongeveer 21:00 en 09:00 by 'n huis in Parkstraat, Albertinia ingebreek.
Volgens kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie is twee kluise, asook 'n .22 haelgeweer en 'n handwapen wat in die kluise was, gesteel.
"Ons wil die gemeenskap vra om op die uitkyk vir hierdie items te wees en ons in kennis te stel indien dit te koop aangebied word," het Botha gevra.
Enigiemand wat inligting kan verskaf, kan Albertinia-polisiestasie (028 735 8047) skakel.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'