RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike Volkskerk van Afrika in Van Riebeeckstraat benodig die hulp van die gemeenskap om hul kerkgebou te restoureer.
Die kerkgebou is in 1935 voltooi en is gebou met songedroogde bakstene, wat besig is om te verbrokkel as gevolg van die klammigheid in die mure. Die pleister val plek-plek van die mure af en die gebou benodig ook 'n nuwe kalklaag.
Die gemeente bestaan uit 'n groep bejaardes, min werkende lidmate en 'n klein jeuggroep.
Die gemeente het 'n suksesvolle hoenderbraai gehou om die restourasiefonds te versterk.
Hulle benodig dringend bousand, boukalk en sement, asook ambagsmanne wat hul arbeid vrywillig vir die herstel van die gebou sal aanbied.
Die Volkskerk van Afrika is besig om vervalle te raak.'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'