HEIDELBERG NUUS - Nege van 12 huiseienaars in Diepkloof het Maandag 26 Augustus hul titelaktes ontvang.
Die aktes is deur burgemeester Grant Riddles aan hulle oorhandig.
Verskeie ander raadslede was ook by die geleentheid in die Duivenhoks-gemeenskapsaal teenwoordig. Cyprian Duthie, behuisingsbestuurder, het die eienaars gemaan om die aktes veilig te bewaar en nie hul huise aan buitelanders te verhuur of te verkoop nie. "Jul eiendom is 'n waardevolle belegging waarop julle trots moet wees. Pas dit op, want julle sal nie weer vir 'n staatsubsidie kwalifiseer nie."
Trotse huiseienaars van Diepkloof spog met hul titelaktes wat deur rdl. Grant Riddles (middel, agter) aan hulle oorhandig is. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'