STILBAAI NUUS - In 2027 is dit al 40 jaar wat Stilbaai se seniors gerieflik hier langs die see woon.
Die lieflike ligging maak instandhouding egter altyd 'n uitdaging.
Om hierdie rede het Huis Stilbaai 'n wenslysie opgestel van goed wat gedoen moet word.
Die houtvensterrame moet vervang word met aluminium, die gebou moet geverf word, die kombuis moet oorgedoen word, daar kort 'n sitkamer en hulle wil die motorhuisdeure vervang.
Indien jy 'n Huis Stilbaai 40-ondersteuner word gaan dit jou slegs R40-00 of meer per maand kos en jy gaan help om die wenslysie waar te maak.
Vir meer besonderhede kan jy hulle kontak by finansies@huisstilbaai.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’