Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - 'n Huis in Robertsweg, Heidelberg het vir die tweede keer binne een week brandskade opgedoen. Dié keer was dit in die vroeë oggendure van Dinsdag, 23 November.
Suid-Kaap Forum het in verlede week se uitgawe oor David Benn se huis berig wat Sondagnag, 14/15 November gebrand en as gevolg van die brandweer se vinnige optrede, dit nie afgebrand het nie.
Die grootste skade was aan die kombuis aangerig.
Bure het Dinsdagoggend weer die brandweer verwittig dat Benn se huis besig is om te brand. Volgens Mario Hermanus wat langs Benn in 'n wendyhuis bly, het hy voor 05:00 besef iets is nie pluis nie toe hy 'n brandreuk kry en ondersoek gaan instel oor waarvandaan afkomstig is.
"Groot was my teleurstelling toe ek sien dat dit weer Benn se huis is wat in vlamme is. Ek het haastig die tuinslang gegryp en my wendyhuis begin natspuit, net ingeval die vlamme na ons kant toe waai."
Hermanus was duidelik omgekrap en het benadruk dat hy voel dat die munisipaliteit al eerder vir Benn moes gewaarsku het om sy perseel te beveilig.
Tydens die Forum se besoek het van die bure hul bekommernis uitgespreek oor die toestand van die perseel, wat 'n groot brandgevaar vir hulle almal inhou omdat daar baie hout en ander plofbare materiaal op die perseel is.
Benn was weer nie tuis vir kommentaar nie.
Kommentaar deur Hessequa-munisipaliteit was teen spertyd nie beskikbaar nie.
VIDEO: Huis brand twee keer in een week
Die huis in Robertsweg, Heidelberg, Foto: Clive Pretorius
Vorige artikel: Huis brand twee keer in een week
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'