Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die huis wat al vir baie lank 'n kopseer vir inwoners van Robertsweg in Heidelberg is, het vir die derde keer binne enkele maande weer begin brand.
Die eerste keer was die nag van 14/15 November, daarna op 23 November en nou weer vanoggend, Vrydag 4 Februarie net voor 07:00.
Suid-Kaap Forum het voorheen oor dié huis berig waar die bewoner die erf vir herwinningsdoeleindes gebruik.
By 'n vorige navraag na die tweede brand het Hessequa-munisipaliteit gesê dat die wetstoepassing-afdeling al by twee geleenthede by die betrokke woning was na klagtes van oorlastoestand op die perseel ontvang is.
Kennisgewings was blykbaar op die eienaar van die woning beteken, wat duidelik geen impak gemaak het nie omdat die erf se toestand erger as ooit lyk.
Volgens die bure bewoon die eienaar nie meer die huis nie en word dit deur glo deur ongure karakters vir misdadige elemente misbruik.
VIDEO: Huis op Heidelberg brand... alweer
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'