STILBAAI NUUS - Sowat 15 vrywilligers het reageer toe Clifton Donald vra vir hulp met die skoonmaak van erf 657.
Die stuk grond tussen die Jongensfontein pad en die gholfbaan het Donderdag 18 April sowat 70 sakke rommel opgelewer toe die vrywilligers, meestal Coastal Cleanup en Stilbaai Buurtwag mans en dames, daar ingevaar het.
Dink net wat 'n 100 mense gister sou vermag het in die twee ure wat hierdie groepie besig was.
Dit is verstommend hoeveel rommel die haweloses daar opgaar en dit is 'n gesondheidsgevaar vir mens en dier.
Daar word weereens 'n beroep gedoen op inwoners om asseblief nie hulle swartsakke al in die aand uit te sit nie.
Etlike bewyse van swartsakke wat soontoe geneem is om daar uit te sorteer is gevind en iemand moet nou daardie gemors opruim.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’