HESSEQUA NUUS - As gevolg van verskeie uitdagings met spesifiek honde in Hessequa se munisipale gebied, is besluit om 'n projek in alle areas en dorpe in dié streek te begin om die publiek opnuut bewus te maak van die verantwoordelikhede van honde-eienaars.
Die betaling van lisensiegelde of hondebelasting is nie iets nuuts nie, maar 'n praktyk wat reeds oor jare gevestig is. Die regulering van hondelisensies is 'n wetlike vereiste in terme van die Munisipale Verordening insake die Aanhou en Behandeling van Honde en Katte (Buitengewone Provinsiale Koerant Nommer 8426, gepubliseer op Vrydag 7 Mei 2021).
'n Boete van R500 is betaalbaar indien jou hond nie 'n geldige lisensie het nie.
Tariewe relevant tot hondelisensies word jaarliks deur die munisipale raad goedgekeur en is jaarliks teen 1 Julie betaalbaar.
Die tariewe is as volg:
- Ongesteriliseerde reun: R250
- Ongesteriliseerde teef: R349
- Gesteriliseerde reun: R54
- Gesteriliseerde teef: R54
- Pensioenarisse kry 'n korting van 10%.
- Ongesteriliseerde reun: R225
- Ongesteriliseerde teef: R314
- Gesteriliseerde reun: R48.60
- Gesteriliseerde teef : R48.60
Die publiek sal gedurende Augustus 2024 van die projek bewus gemaak word en met ingang van 1 September 2024 geïmplementeer sal word.
'n Wetstoepassingsbeamptes, geklee in amptelike uniform en in besit van 'n aanstellingsertifikaat vir identifikasie doeleindes, sal alle huishoudings in Hessequa se munisipale gebied besoek.
'n Deur-tot-deur besoeke sal Maandae tot Vrydae vanaf 13:00 tot 21:00 plaasvind.
'n Inwoners word die geleentheid gebied om 'n hondelisensie direk by die besoekende beampte uit te neem of, alternatiewelik, by die naaste munisipale kantoor.
'n Inwoners wat nie onmiddellik 'n lisensie by die besoekende beampte kan uitneem nie, sal 'n tweede besoek ontvang.
'n Indien die persoon nog steeds nie in besit is van 'n lisensie nie, sal 'n boete uitgereik word en sal die persoon 'n skriftelike kennisgewing ontvang om die lisensie binne 'n sekere tyd te bekom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’