RIVERSDAL NUUS - Agt lede van die skool se personeel, asook een van Laerskool Volschenk het vanaf 1 tot 3 Junie 'n onderwyskongres (Summit) op Stellenbosch bygewoon.
Die kongres maak 'n groot verskil in onderwysers en kinders se lewens, is ook 'n ideale geleentheid vir spanbou en om uitskieteronderwysers te beloon.
Daar was elke dag verskillende sprekers soos dr. Gillian Arendse, Marinda Engelbrecht, Ernst van Dyk en Rian Truter.
Vrydag moes elke span volgens 'n tema kreatief aantrek om spangees te bevorder. Verskillende pryse is weggegee en Langenhoven stap met die trofee vir beste kostuums weg en is ook genomineer vir beste gees.
Christo en Cobus het Vrydagaand die gehoor met hulle sang vermaak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'