MOSSELBAAI NUUS - Om internasionale museumdag te herdenk het die Dias-museum op 18 Mei in Mosselbaai 'n toespraakkompetisie vir leerders uit die Suid-Kaap, wat Engels as 'n tweede taal neem, aangebied.
Die tema van vanjaar se kompetisie was, "Die mag van museums."
Dit is vanjaar vir die 13de keer aangebied.
Die drie leerders van Hoërskool Albertinia wat sertifikate vir hul deelname ontvang het, is van links: Veronique Nomdo, Branville Saayman, Elzaan Dehaast en Joanne de Waal (onderwyser).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'