RIVERSDAL NUUS - Dié skool het in samewerking met Laeveld Agrochem en Agri Technovation op 1 en 2 Maart die jaarlikse o.13-rugbytoernooi aangebied.
Agtien laerskole van die Wes-, Suid- en Oos-Kaap het kragte gemeet in verkorte wedstryde waar geen doel- en strafskoppe toegelaat is nie.
Die toernooi bied die ideale geleentheid om spankombinasies te toets en kragte teen skole uit ander streke te meet.
Tellings van die skole lyk soos volg:
De Kuilen teen Bertie Barnard 10-5; Panorama teen Volschenk 20-0; Panorama teen Milkwood 5-0; Totius teen Volschenk 10-0; Panorama teen Park 10-10; Milkwood teen Bertie Barnard 5-5; Gordonsbaai teen Volschenk 10-5 en Totius teen Bertie Barnard 10-10.
Die spankapteine saam met twee verteenwoordigers van Laeveld Agrochem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'