RIVERSDAL NUUS - Hessequa-munisipaliteit wil aan inwoners die geleentheid bied om gratis en veilig van hul elektroniese afval ontslae te raak.
Die samelewing sukkel geweldig met afvalprobleme, veral die onwettige storting daarvan. Elektroniese afval (E-afval) op sy eie skep 'n hele nuwe probleem as gevolg van die hoë vlakke van toksisiteit en die nadelige impak wat dit gevolglik op die natuur en mens het.
E-afval bestaan gewoonlik uit maklike herwinbare materiale soos plastiek en glas, sowel as klein hoeveelhede giftige materiale wat lood, kobalt, silikon, kwik en arseen kan insluit.
Elektroniese afval kan ou rekenaars (skootrekenaars), fotostaatmasjiene, drukkers, radio's, projektors, televisies, telefone (slimfone en tablette), sleutelborde en skandeerders insluit.
E-afval kan op 30 Junie by 'n stalletjie voor die Heidelberg-stadsaal ingehandig word.
Die res van die dorpe in Hessequa se datums sal vroegtydig aan die publiek deurgegee word. Inwoners kan ook hul naaste Hessequa-biblioteek besoek vir meer inligting en waar om e-afval in te gee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’