STILBAAI NUUS - Hettie Oosthuizen van Stilbaai het Dinsdag 25 Augustus haar 89ste verjaardag saam met familie gevier.
Volgens haar seun en skoondogter, Reinier en Nicoleen Oosthuizen, geniet Hettie steeds goeie gesondheid en is nog vol kwinkslae.
Die familie het haar hartlik gelukgewens met haar verjaardag en haar 'n baie gelukkige nuwe lewensjaar, asook nog baie mooi en gesonde jare vorentoe, toegewens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’