Gallery Update
HESSEQUA NUUS - Verpleegpersoneel van Riversdal-subdistrik se hospitaal en klinieke het Vrydag 12 Mei Verpleegstersdag by Riversdal-hospitaal gevier.
Personeel is met verversings, motivering-sprekers en vermaak getrakteer om waardering te toon vir die werk wat hulle doen.
Elkeen het ook 'n gegraveerde fob-horlosie ontvang met vergunning van die Riversdal-hospitaal-fasiliteitsraad.
"'n Gesondheidsfasiliteit sonder 'n verpleegster is soos 'n gebou sonder 'n fondasie. Van wieg tot graf, verpleegsters is altyd daar vir pasiënte. Kom ons geniet vandag om aan hulle die erkenning te gee wat hulle verdien," het dr. Nomafrench Mobombo, provinsiale minister van gesondheid en welstand, gesê.
In die openbare gesondheidsektor in die provinsie gaan 13 403 verpleegsters voort om kwaliteitsorg te verskaf aan diegene wat dit benodig, hetsy dit in 'n gesondheidsfasiliteit, in iemand se huis of in 'n mobiele kliniek is.
FOTOGALERY: Verpleegstersdag gevier by Riversdal-hospitaal
"Ons vier hierdie helde terwyl ons voortgaan met ons verbintenis tot die ontwikkeling van die volgende generasie verpleegsters. Ons is bly dat vanjaar se tema vir Internasionale Verpleegstersdag direk verband hou met die toegewyde planne wat ons reeds begin instel het wat die voortdurende ontwikkeling en opgradering van ons verpleegkundiges verseker, aangesien dit ons toekoms is. 'n Geskoolde arbeidsmag is 'n hoeksteen van ons reis na universele gesondheidsdekking".
Die tema vir Internasionale Verpleegsters-dag vanjaar, Our Nurses, Our Future is baie gepas vir die tye waarin ons leef.
Daar bestaan geen twyfel dat verpleegsters die ruggraat van die gesondheidsorgstelsel is nie en verpleegsters word dienooreenkomstig versoek om hierdie gewaardeerde erkenning in alles uit te beeld wat hulle doen," het Zee Brickles, distriksdirekteur Tuinroete en Sentraal-Karoo, gesê.
Die organiseerders, die WOW-groep vir die Hessequa sub-distrik, bedank almal wat bygedra het tot die spesiale dag - veral die Riversdal-hospitaal se fasiliteitsraad, pastoor Francois Barnard, pastoor Riaan Bernardo en Zee Brickels, direkteur van gesondheid, Tuinroete en Sentraal Karoo-distrikskantoor.
Van links: Sr. Elizabeth Braaf, PSG Bestuurder, sr. Lyzette Schonken en sr. Heidi Baker.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’