HESSEQUA NUUS - Die Hessequa-munisipaliteit is onlangs as een van die top 20-munisipaliteite landwyd aangewys, maar dis nie al prestasie wat behaal is nie.
Dié munisipaliteit het vir die vyfde agtereenvolgende jaar ’n skoon oudit gekry.
Dit is die derde groenste munisipaliteit in die land en Witsand spog met die eerste sonkragaangedrewe ontsoutingsaanleg in die land.
Boonop is Stilbaai aangewys as die Wes-Kaap se kykNET/Kwela Dorp van die Jaar 2019.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'