STILBAAI NUUS - Hessequa Munisipaliteit is tans besig met werkwinkels regdeur die hele gebied rakende die hersiening van begrotingsverwante beleide.
Eiendomsbelasting, tariewe en gratis basiese dienste, kredietbeheer, skuldinvordering en -afskrywing asook die deernisbeleid word in hierdie werkwinkels bespreek.
Implementeringsdatum is 1 Julie 2025 en inwoners het tyd tot 12 Februarie om kommentaar te lewer.
Dinsdag die 4de Februarie het slegs agt belangstellendes opgedaag by die gemeenskapsaal in Stilbaai, waaronder Gustav Radloff, voorsitter van die Stilbaai Gemeenskapsforum (voorheen die Stilbaai Belangeforum) en John Wills, voorsitter van die Jongensfontein Inwonersvereniging.
Die voorlegging is beskikbaar by alle munisipale kantore en inwoners kan kommentaar lewer deur 'n epos te stuur aan Shariefa Daniels teen die 12de Februarie 2025.
Haar epos adres is info@hessequa.gov.za en telefoonnommer 028 713 8000.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’