HESSEQUA NUUS - Die amptelike opening van die Hessequa Kunsroete, die Pallettes of Hessequa vind Donderdagaand, 24 Junie om 18:30 aanlyn plaas.
Die skakel (link) is by Hessequa Art Route, asook Hessequa Art Gallery beskikbaar.
Alle kunsliefhebbers en belangstellendes word genooi om dit saam met die kunstenaars te geniet.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles gaan die uitstalling aanlyn met 'n kort toespraak open.
Hy gaan die QR-kode buite die Central Boutique hotel op Riversdal waar die uitstalling is, na die kaart skandeer. Daarna gaan hy een van die kunstenaars se profiel QR-kode oopmaak om te wys hoe dit werk en die prys vir die beste opkomende kunstenaar oorhandig.
“Ons geniet sop en brood aanlyn asof ons daar is en die uitstalling is van die volgende dag af oop,” verduidelik Irma Huysamer, media woordvoerder vir Hessequa Kunsroete.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'