STILBAAI NUUS - Hessequa Munisipaliteit se Onder-Burgermeester, Raadslid Thinus van den Berg, is as die munisipaliteit se nuwe Speaker van die Munisipale Raad verkies tydens 'n Spesiale Raadsvergadering wat op 2 Julie 2024 plaasgevind het.
Volgens Didi Budricks, Hoof: Openbare Betrekkinge en Administrasie by Hessequa Munisipaliteit, het die verkiesing van die nuwe Speaker deur middel van 'n geheime stemming plaasgevind en was genoodsaak weens die bedanking van die vorige Speaker, Raadslid Andrew Stroebel, op 27 Junie 2024.
Andrew het groter verantwoordelikheid aanvaar by die Tuinroete Distriksmunisipaliteit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’