Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Alida Booyens van Stilbaai het op 20 Januarie haar 105ste geboortedag herdenking in Huis Lekkerbly gevier.
Kyk 'n video hieronder:
Behalwe dat sy doof in haar een oor is en nie meer so goed kan sien nie, is sy nog in redelik goeie gesondheid.
Volgens sr. Enid Louw van die tehuis is haar enigste medikasie 'n halwe bloeddrukpil en baie vitamienes!
Haar man het haar reeds op 69-jarige ouderdom ontval. Die egpaar het een seun, Willem (70) wat ook in Stilbaai woon.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'