RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-tak van Solidariteit Helpende Hand het Saterdag saam met Droom hande gevat tydens die jaarlikse Droom-myl. Meer as 100 inwoners het saam die geleentheid geniet.
Inwoners van Huis Ou Meule het die 1,6 km saamgestap - sommige self en ander wat met liefde gestoot is.
Die doel van die dag was om fondsinsameling en gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder.
Droom het met die verkoop van pannekoek, koffie, pasteie en worsrolletjies geld ingesamel om in die inwoners se behoeftes te voorsien.
Helpende Hand het weer die geleentheid gebruik om nie-bederfbare toiletware vir die inwoners in te samel.
Die betrokkenheid van beide organisasies het 'n bydrae tot Huis Ou Meule se mense gemaak en ook die gemeenskap van Riversdal nader aan mekaar gebring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’