Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die dorp het Saterdag 27 Oktober vir die 11de agtereenvolgende jaar hul jaarlikse Heidelberg Sportdag op die plaaslike sportgronde aangebied.
Buiten rugby en netbal is vanjaar vir die eerste keer ’n pretdraf/stap gehou om geld vir Kansa in te samel.
Nagenoeg 350 plaaslike inwoners, asook van hul familie en vriende van ander dorpe het die Hessequa Kanker Pretdraf om 05:45 aangedurf.
Die roete was vanaf die plaaslike skougronde tot by die Duivenhoks-gemeenskapsaal.
Die oggend se verrigtinge was deur die Wynland Vriendekring gereël ten bate van die plaaslike kankervereniging.
Die groep bestaan uit jong manne, onder leiding van Vennito van Niekerk, bekende jeugleier en onderwyser. 'n Bedrag van R5 055 is ingesamel.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'