HEIDELBERG NUUS - Dié dorp het weer sy jaarlikse sportdag, onder leiding van Christopher September, op 'n hoë noot afgeskop.
Vanjaar is die 16de aanbieding van die gewilde naweek sedert dit in 2007 deur September en 'n paar kollegas en vriende geïnisieer is.
Die verrigtinge is vanjaar met 'n modeparade op Vrydag 25 Oktober begin, waartydens 'n Mnr. en Mej. Heidelberg aangewys is.
Die verrigtinge is ook deur Gerald Boezak, Hessequa-onderburgemeester, bygewoon wat ook die aanwesiges toegespreek het. Synthia Lotz het die sportdag met Skriflesing en gebed geopen.
Vanjaar se begunstigdes is Heidelberg se trotse Kersfeeskoor, die Young Royal Shepherds.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’