Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die dorp het Maandag 2 Desember, soos wêreldwyd die norm is, sy Vigsdagvieringe herdenk.
Die vieringe, asook die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geen geweld teen vroue, kinders en geslagsgebaseerde geweld is deur departement gesondheid onder leiding van sr. Agnes Wewers (departement gesondheid), in samewerking met Janine Adams van Hessequa-munisipaliteit en ander rolspelers in die stadsaal gevier.
Dewelia Esau, ’n plaaslike inwoner en ’n MIV/Vigs-pasiënt, het as gasspreker opgetree, waartydens sy die aanwesiges, waarvan die oorgrootte meerderheid vroue was, aangemoedig om die stigma wat aan MIV/Vigs kleef, af te breek.
Esau sê dis baie belangrik dat die stilte en stigma spoedig gebreek word sodat die slagoffers beter ondersteuning en aanvaarding vanaf hul families en gemeenskap kan geniet
Al die verskeie sprekers het die noodsaaklikheid om die stigma van die MIV/Vigs te breek aangespreek, terwyl hulle ook die aanwesiges aangemoedig het om die stilte van geweld in alle vorme, maar veral die teen vroue, kinders, bejaardes en gestremdes, te verbreek.
FOTOGALERY: Heidelberg vier Vigsdag
Geskenke is deur middel van ’n loting vyf gelukkige wenners oorhandig is.
Ter afsluiting is die aanwesiges met heerlike versnaperinge bederf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’