Video
HEIDELBERG NUUS - Die dorp het gister die nalatenskap van die land se grootste ikoon, Nelson Rolihlahla Mandela, gevier.
Madiba, soos hy alombekend was, sou vandag sy 108de verjaarsdag gevier het.
Verskeie organisasies het gister hulde aan die groot ikoon gebring deur simbolies 67 minute van hul tyd aan veral kinders en bejaardes af te staan.
Heerlike sop en toebroodjies is uitgedeel as deel van die vieringe.
Die hoofviering is deur SAFE, in samewerking met verskeie ander instansies, op die ou rugbyveld langs De Waalville Primêre Skool aangebied.
Die plaaslike krieketklub, Heidelberg United, het ook laatmiddag hul bydrae gelewer deur ongeveer 100 begunstigdes by twee verskillende persele met heerlike sop en toebroodjies te bederf.
Video: Clive Pretorius:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’