HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rolbalklub se 10de jaarlikse SSK borgdag het Saterdag 10 Mei vir puik spel gesorg ten spyte van die woeste wind wat die spelers probeer ontsenu het.
Uiteindelik het Witsand se Jan Storm, Jan van Dyk en Rean Smuts met die louere weggestap.
In die tweede plek was Johan van Tonder, Josef Uys en Amelia Uys van Heidelberg en L'Agulhas se Jacques Prins, Adriaan van Zyl en John Wooldcock was in die derde plek.
John Evert, president van Heidelberg Rolbalklub, sê dat daar 'n baie gesellige atmosfeer geheers het met baie grappe en lekker lag en dit was goed om weer ou vriende te sien en nuwes te maak.
Hy bedank ook die borge, SSK en Wimpy vir die pryse, asook Anne-Lize Uys van Skeidng gasteplaas vir die heerlike eetgoed. Sonder hulle sou die dag nie moontlik wees nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’