HEIDELBERG NUUS - Seeff Heidelberg het op 1 November ’n prettige dans gehou met ’n hartroerende doel, om doeke vir volwassenes vir Huis Zenobia du Toit in te samel.
Die geleentheid was ’n groot sukses ten spyte van oestyd wat hoogty vier en het lede van die gemeenskap by mekaar gebring om hierdie broodnodige inisiatief te ondersteun.
Die aand se feestelikheid het by die Heidelberg-skouterrein plaasgevind waar die Idols-finalis Munro du Toit almal vermaak het met sy kitaar en Rykie Henze oudergewoonte die hongerpyne met haar smaaklike kos gestil het.
Volwasse doeke is ’n noodsaaklike item vir bejaardes en verskaf waardigheid en gemak in hul goue jare.
Seeff Heidelberg se liefdadigheidsdans het gepoog om dié behoefte aan te spreek deur broodnodige donasies by mekaar te maak om Huis Zenobia se inwoners te ondersteun.
Heidi de Jager, bestuurder van Huis Zenobia, het haar dank uitgespreek teenoor Seeff Heidelberg en die Heidelberg-gemeenskap vir hul goedhartigheid.
“Hierdie doeke sal ons baie lank kan uithelp en ’n groot verskil maak.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’